Ultima New Look Option

Ultima se nuwe vars voorkoms

Ultima vier vanjaar 20 jaar van uitnemendheid en die tyd is ryp vir ʼn nuwe voorkoms!  Ons het Ultima se logo opdateer, soos wat u in die komende weke sal ervaar.  Die nuwe Ultima logo is gebaseer op ʼn sonwyser.   Dit was is die vroegste hulpmiddel om tyd te bepaal en dateer uit 1500 VC.  Ironies genoeg is die sonwyser steeds een van die akkuraatste wyses om tyd te bepaal.

Om by te hou met die veranderde tye, het ons besluit om weg te beweeg van die oranje en dit met die nuwe Ultima-groen (met so ʼn titseltjie geel) te vervang.  Ons logo kan ook in donker blou en grys gebruik word om by ons buigsame aard aan te pas.  Ons missie bly egter onveranderd: om u in staat te stel om ʼn sinvolle lewe te lei.  Ons beplan om die volgende eienskappe, wat ons missie onderskryf, vir die volgende 20 jaar voort te sit:

  • Akkuraatheid – bied gemoedsrus aan ons kliënte;
  • Professionaliteit – goed gekwalifiseerde, ervare en stylvolle beplanners en personeel;
  • Warmhartigheid – ons boodskap is hartlik en vertroostend;
  • Kreatiwiteit – oplossingsgedrewe en progressief.

Die sonwyser het die samelewing bewus gemaak van tyd.  U tyd word belê in aktiwiteite waaraan u waarde heg. U verwag ʼn opbrengs op dié tyd wat u belê het. Tyd is waarskynlik die waardevolste kommoditeit van die era waarin ons leef. Indien u u tyd goed bestuur, sal dit meer kapasiteit skep, wat weer beter produktiwiteit en resultate aan die einde van die dag tot gevolg kan hê.  U wil ʼn finansiële vennoot hê wat u sal help met die opstel van ʼn akkurate finansiële strategie. Dit is presiés waarna ons strewe!

Toe horlosies aanvanklik uitgevind is, het dit maklik tyd verloor.  Die sonwyser was die akkurate standaard wanneer ʼn horlosie weer ingestel moes word. Ultima Finansiële Beplanners het op dieselfde wyse die “akkurate standaard” geword, wat u help om ʼn sinvolle leefstyl te handhaaf.  Ultima is u lewenslange vennoot!

Share this post:

You might also like

Contact Ultima

Contact us

Physical Address:

73 Kariba St, Lynnwood Glen, Pretoria, 0081

Telephone:

+ 27 12 348 1386

Fax:

+ 27 12 348 3706

Email:

Contact us


Contact info

Physical Address:

73 Kariba St, Lynnwood Glen, Pretoria, 0081

Telephone:

+ 27 12 348 1386

Fax:

+ 27 12 348 3706

Email:

Map

Ultima FP Logo

Kindly select age category to enhance your experience

I am younger
than 35

I am younger
than 35

I am between
35 & 55

I am between
35 & 55

I am over 55

I am over 55

Skip >

Skip >

Complete our form under Contact Ultima and we will be in touch soon.

God Bless and Happy Planning